Corné & Chanté

"Ons word een"

Ons Storie

"..elke uur wil ek net by jou wees..aan jou voel aan jou vat, wil die een wees want ek droom elke dag ek wil dit hê dat my hart net daar by jou sal lê en jy weet ek is daar as jy my soek, om jou huil te verruil vir 'n glimlag in my arms sal jy veilig wees Ek is gebore om by jou te wees."

Ons storie het begin, toe twee paaie mekaar kruis. By die Matriekafskeid het ons saam gestap, sonder om te weet hoeveel paaie nog vir ons wag. Ons het saam plekke ontdek, gelag, gedroom en herinneringe gebou. Maar die mooiste deel van ons reis was toe ons saam vir God leer ken het. Ons het die Here ontmoet, saam gegroei in geloof en liefde. Ons liefde het dieper geword, nie net vir mekaar nie, maar ook vir God. En op ’n plek naby my hart, in Mozambique, het “ek is lief vir jou” verander na "wil jy met my trou?". Nou staan ons op die drumpel van ’n nuwe hoofstuk. Twee lewens wat een word, ’n verbond saam met God, ’n liefdesverhaal wat nog lank nie klaar geskryf is nie.

Corné Scholtz

Gebore: 24 Junie 2002 Pretoria

Laerskool Skuilkrans

Hoërskool Die Wilgers

Gunsteling vers: Romans 8:31

Gunsteling kleur: Swart

Gunsteling dier: Panda/Kangaroo

Gunsteling woord: Perd

Gunsteling sport: Padel

Gunsteling kos: Mac&Cheese

Gunsteling winkel: Incredible Connection

 

Chanté Neethling

Gebore: 24 April 2003 Pretoria

Laerskool Skuilkrans

Die Hoërskool Menlopark

Gunsteling vers: Matthew 6:33

Gunsteling kleur: Turquoise/Sage groen

Gunsteling dier: Olifant

Gunsteling woord: Kieries/Jakketrak

Gunsteling sport: Swem/Hokkie

Gunsteling kos: Pizza

Gunsteling winkel: Cum Books

Chanté Neethling

Gebore: 24 April 2003 Pretoria

Laerskool Skuilkrans

Die Hoërskool Menlopark

Gunsteling vers: Matthew 6:33

Gunsteling kleur: Turquoise/Sage groen

Gunsteling dier: Olifant

Gunsteling woord: Kieries/Jakketrak

Gunsteling sport: Swem/Hokkie

Gunsteling kos: Pizza

Gunsteling winkel: Cum Books

Twee harte, een belofte - die aftelling het begin!

Elke dag bring ons nader aan die mooiste "ja" van ons lewens.

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

Die dag van...

V&A vir die beste dag van ons lewens!

NB Inligting

Datum: 18 September 2026
Tyd: 14:30 pm
Waar:
The Barn @ Redstone
1 Oberon St, Hartbeespoort,
Broederstoom, 0241

Die moenies

Geen kinders word toegelaat.

Geen alkohol word toegelaat van buite af nie. (R10000 boete).

Kleredrag

Semi formeel

Kleur: Skakerings van groen

(Geen wit klere nie)

Weer voorspelling

Temperatuur: 100° op die dansvloer
Reën: 20% by die seremonie
Humidity: 100%

 

"Want jy weet"

Jy word genooi om deel te wees van ons storie. 'n Storie vol van liefde, vreugde en geloof. Op die 18de September 2026 word ons een! Ons kan nie wag om julle elkeen daar te sien nie. Ons kies jou om een van die getuies te wees. 'n Getuie wat ons twee se eenheid voor God gaan aanskou. Wat 'n ongelooflike voorreg!

Akkommodasie

Hier is 'n paar plekke in die omgewing vir verblyf. Ons wil graag hê julle moet elkeen tot aan die einde van ons ja dag saam met ons vier!

The Barn @ Redstone

Besprekings kan by ons gemaak word. Whatsapp Chanté (083 674 7451) vir die beskikbare verblyf. Let wel: Sarel sal julle nader aan die tyd 'n kwotasie stuur waar julle dan direk in sy rekening die bedrag vir die verblyf kan in betaal in Julie maand.

GPS coordinates: -25.775307, 27.862764

083 462 6111

La Montagne Guest Lodge

Besprekings kan direk deur die Lodge bespreek word. (2km)

 GPS coordinates: -25.773996,27.867745

072 435 0228

La Joya Conference Lodge

Besprekings kan direk deur die Lodge bespreek word. (8,7 km)

012 004 3076

Eagle Waters Wildlife Resort

Besprekings kan direk deur die Resort bespreek word. (3,3km)

012 006 5400

Itamong Guesthouse

Besprekings kan direk deur die Lodge bespreek word. (16,6km)

061 492 3312

Sparrow Hawk Lodge

Besprekings kan direk deur die Lodge bespreek word. (5,5 km)

082 464 6089

Whatsapp Groep

Om dinge te vergemaklik volg asseblief die skakel om by die Whatsapp groep aan te sluit indien jy die troue gaan bywoon.

RSVP

18 Julie 2026

Hierdie is 'n kindervrye troue - so julle kan laat slaap, hard lag en dalk 'n bietjie te veel dans! Die uitnodiging vir die troue word gerig aan die wie se naam saam die link uitgestuur is.

Hier kan jy jou tyd vat! Jy speel 'n belangrike rol in ons lewens. Enige raad, gebed of Bybelvers vir ons huwelik kan hier neer gepen word. Ons gaan dit gebruik vir ons gaste boek.